07-07-2024 - 13-07-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. (Deuroffer): Vir die werk wat deur die Sinodale Getuienis gedoen word in Mosambiek, Malawi en Zimbabwe.
  2. Koninkrykstyd(duur tot 27 November) Koninkrykstyd volg op Pinkster. Ons bid dat die gees van Pinkster sal voortduur en dat ons deur lofprysing sal verkondig dat CHRISTUS DIE HERE IS!
  3. Nuwe Intrekkers: Mag hulle in Outeniqualand U teenwoordigheid ervaar en hulle met die liefde van Christus verwelkom word.
  4. Veiligheid: Here ons vra dat U ons sal beskerm en veilig hou. Gaan asseblief saam met die polisie en plaaswag/buurtwag. Gee hulle deursettingsvermoë en wysheid in die werk wat hulle doen.



DANKIE:

  1. Hulle wat hulle lewens aan U wy en daagliks help om 'n verskil in mense se lewens te maak.
  2. Jesaja 30:15 “Julle krag lê in stil wees en vertroue hê."
  3. 'n Gemeente waar ons U Gees en teenwoordigheid kan beleef.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023