14-07-2024 - 20-07-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. FEBA RADIO (Deuroffer): Die radiostasie bereik mense in afgesonderde gebiede. Ons bid dat die Woord ook deur die uitsending, hulle sal bereik en dat hulle die Here sal ontmoet.
  2. Skole en ander opvoedkundige inrigtings het hierdie week geopen. Ons bid dat U die leerlinge, studente en opvoeders sal seën. Rus U hulle toe vir die taak, sodat geestelike toerusting nie agterweë bly nie.
  3. Groot Brak Polisiestasie: Ons bid vir Kaptein Hensen en sy span by die Groot Brak Polisistasie. Here verwyder U self al die struikelblokke en uitdagings wat hulle elke dag ervaar. Gee hulle krag, wysheid en hulpbronne om hulle werk voluit te kan doen. Dankie vir so 'n toegewyde span.



DANKIE:

  1. Dat ons U orals vind; in ons diepste nood, ons siektes en kommer maar ook ons vreugdes.
  2. Dat ons skuiling en veiligheid in U teenwoordigheid kan vind.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023