28-07-2024 - 03-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Diensgroep vir Barmhartigheid (Deuroffer): Vader rus asseblief hierdie diensgroep toe met middele en die vermoë om die nood raak te sien en verligting te bring.
  2. Wêreld rampe: Ons lees en hoor daagliks van ongekende hitte en oorstromings en sien hoe natuur- rampe die aarde teister. Help ons asseblief om die nood raak te sien en die aarde te koester en ons verantwoordelikheid teenoor U skepping na te kom.
  3. Ds. Jan, Karien en gesin wat met verlof is: Vader wil U hulle beskerm en geestelik versterk vir hulle taak in die gemeente. Ons bid ook vir ds. Basie, en dr. Kobus van Zyl wat sal waarneem en dr. Kobus Hattingh wat pastoraal sal instaan. Rus U hulle toe vir die taak.



DANKIE:

  1. Vir 'n gemeente waar ons geestelik gestimuleer word.
  2. Vir baie gedeeltes in U Woord waaraan ons kan vashou in tye van siekte, beproewing en nood.
  3. Vir hulle wat deur die eeue geestelike musiek gekomponeer en bewoord het.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023