AKTIWITEITE OM NA UIT TE SIEN...

Outeniqualand gemeente bestaan uit lidmate met uiteenlopende belangstellings, gawes en talente. Om hierdie rede probeer ons om vir elkeen geleentheid te gee om sy spesifieke talent/gawe/belangstelling in ons gemeente uit te leef. Dit beteken dat daar ‘n kruiwa vol aktiwiteite is waarby jy betrokke kan raak.
Die idee is nie noodwendig om by alles betrokke te wees nie, maar eerder om uit die kruiwa dié aktiwiteite te kies waarin jy belangstel of waar jy jou spesifieke gawes/talente kan gebruik of waar die Here jou hart aanraak

Vir al die aktiwiteite word daar uit die kerk se begroting bygedra, maar ons wil ons gemeentelede die geleenheid gee om ook betrokke te wees om 'n verskil in mense se lewens te maak. Ons nooi elke lidmaat uit om by die Here te hoor waar en hoe jy betrokke moet wees.

Om hierdie rede wil ons net weer beaam:

  • alle aktiwitiete is op 'n vrywillige basis (jy kan kies waarby jy betrokke wil wees en hoef nie noodwendig by almal betrokke te wees nie)
  • by meeste van die aktiwiteite/uitreike word die gemeente se bydraes aangevul uit die gemeente se jaarlikse begroting.
  • Hou die Familienuus dop vir inligting oor waar Outeniqualand betrokke is, waar jy betrokke kan raak en waar Outeniqualanders besig is om 'n verskil in mense se lewens te maak.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023