DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Dit is met groot hartseer dat ons hierdie week afskeid geneem het van een van die stigterslede van Diepkloof Kleuterskool, Henriëtte Bothma, wat na 22 jaar diens ‘n welverdiende ruskans neem!
Henriëtte is ‘n voorbeeld vir ons almal met haar lojaliteit, rustigheid en kalmte en ‘n staatmaker op wie se knoppie mens enige tyd kon druk vir enige hulp wat benodig was! Ons salueer jou vir die positiewe invloed wat jy op so baie mense se lewens het – ons gaan jou baie mis!
Met liefde van die Bestuur, Personeel en kinders van Diepkloof Kleuterskool.



Op die foto is Diepkloof Kleuterskool se hoof Noleen du Preez (links), Henriëtte Bothma (middel) en Bernice van Rooyen (regs) wat voorsitter is van die Kleuterskool se Direksie.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023