Eden Camerata - Boodskap met Sang - 21 Julie 2024

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 21 Julie 2024 se besonderse erediens om 09:30 in die kerk.
Ons sien daarna uit om dan 'n koor vanuit George te verwelkom.
Dit is die Eden Camerata Kamerkoor onder leiding van André van Zyl.
Hoewel hulle repertoire gewyde, sekulêre en ligte musiek insluit, het hulle spesiaal vir dié erediens gewyde liedere uitgesoek en 'n besonderse program saamgestel.
Die tema van die boodskap wat hulle deur sang en vertellings bring:
Geloof, hoop en liefde; lofsange van die grootsheid van God.
Hy is die Alfa en die Omega!
Hy maak alles nuut!


Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 28 Julie se erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: HELPENDE HAND

Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is wat ons wil doen, moet doen en ons mee besig hou. Ons dink verbondsmagtig, met ander woorde, mense is verbonde aan mekaar. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap. Ons leef binne 'n gemeenskap en wil die gemeenskap ontwikkel waarbinne ons leef.
Ons is geskoei op die beginsel van die 1949 Afrikaner Helpmekaarbeweging waar die fokus val op "help", "saam" en "ons". Jy is nie alleen nie, maar deel van 'n gemeenskap. Om 'n gemeenskap te ontwikkel en die uitdagings van die dag aan te spreek moet 'n mens strukture bou en volhoubare oplossings bied.


DEUROFFERS

Verlede Sondag het gegaan vir FEBA Radio.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir Outeniqualand se eie Diensgroep vir Barmhartigheid.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023