Erediens - 05 Julie 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 7 Julie se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.
Daar is geen diens by die Kobus Hattinghsaal nie.
(Dienste sal weer op 8 September hervat in die Kobus Hattinghsaal)


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 14 Julie se erediens om 09:30 in die kerk.
Die Vonkies skop af.


DEUROFFER: (Sinodaal) ZIMBABWE, MALAWI, MOSAMBIEK

Die NG Kerk het in 1891 met werk in die suide van Zimbabwe begin. Ons ondersteun veral teologiese opleiding, mediese dienste by hospitale en klinieke asook literatuurontwikkeling. By die Kweekskool op Morgenster doen dosente kosbare werk.
Lees meer by http://getuienis.christians.co.za/rcz-reformed-church-in-zimbabwe

Die werk in Malawi het in 1889 begin. In vennootskap met CCAP ondersteun die NG Kerkfamilie tans die voortgesette teologiese opleiding, mediese dienste, verpleging, die omgewingsdepartement wat boomplanting bevorder, weeshuise vir vigswesies en jeugwerk.
Lees meer by http://getuienis.christians.co.za/ccap

Die werk in Mosambiek (1908-1923; 1973-1980 en weer vanaf 1991) is telkens onderbreek deur regeringsteenkanting en burgeroorlog. Daar is vandag 8 000 lidmate en 86 predikante in die IRM (Igreja Reformada em Mozambique). HEFSIBA, 'n Christelike Hoër Onderwys-instituut op Vila Ulongue bied verskeie grade en diplomas in Teologie, Ekonomie, Regsgeleerdheid en Sielkunde.
Lees meer by http://getuienis.christians.co.za/irm-igreja-reformada-em-mozambique

Webwerf: http://getuienis.christians.co.za


DEUROFFERS

Verlede Sondag se Deuroffer het gegaan vir RAMOT.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir FEBA Radio. Dr Jurie Vermeulen sal ons besoek en meer vertel oor hulle werk.


Ds Jan is met vakansie van 14 Julie tot 14 Augustus. Ons gun hom en Karien 'n welverdiende blaaskans.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023