Erediens - 14 Julie 2024

 


Ons nooi jou uit na Sondag 14 Julie se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.
Die Vonkies skop vandag af.
Daar is geen diens by die Kobus Hattinghsaal nie.
Dienste sal weer op 8 September hervat in die Kobus Hattinghsaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 21 Julie se besonderse erediens om 09:30 in die kerk.
Ons sien daarna uit om volgende Sondag 'n koor vanuit George te verwelkom. Dit is die Eden Camerata Kamerkoor onder leiding van André van Zyl. Hoewel hulle repertoire gewyde, sekulêre en ligte musiek insluit, het hulle spesiaal vir dié erediens gewyde liedere uitgesoek en 'n besonderse program saamgestel.
Die tema van die boodskap wat hulle deur sang en vertellings bring: Geloof, hoop en liefde; lofsange van die grootsheid van God. Hy is die Alfa en die Omega! Hy maak alles nuut!


DEUROFFER: FEBA RADIO

Ons bediening in Mosambiek het aanvanklik met slegs 1 radiostasie begin. Dit het nou uitgebrei na die distrikte van Zambezia, Sofala en Gaza.
Radio FEBA ondersteun tans 7 stasies in Mosambiek: ZFM Zambezia, Impact, Voice of Hope, Sofala, Radio Nuru, Radio FOT en Radio Chiuanjota. Voice of Hope en Impact werk spesifiek met persone wat deur terreuraanvalle of natuurrampe ontneem is.
Die jihadiste-aanvalle in 2019 het 'n ingrypende getuienis opgelewer. Tydens die aanvalle is duisende huise geplunder en tot op die grond afgebrand in Macomia, waar Radio Nuru geleë is. Radio Nuru, wat "Lig" of "Shining Star" beteken, het voortgegaan om uit te saai terwyl die jihadiste die dorpie binnegeval het. Soldate is deur SAOG aangewys om die gebied te beskerm. Ons span het die evangelie met die soldate gedeel en vir hulle radio's gegee. Terwyl hulle geluister het, het hulle 'n lering gehoor oor "wedergebore" en die beskerming wat daarmee gepaard gaan. Een van die soldate het ons stasiebestuurder genader en vir 'n Bybel gevra. Na slegs 'n paar dae het die hele groep soldate Christus as hulle Here en Verlosser aangeneem. 'n Paar van die soldate het hul getuienis op die radio begin deel wat gelei het tot die redding van duisende luisteraars in die mees afgeleë gebiede.
Dankie vir julle getroue en lojale ondersteuning. Dit help ons om die bediening in Mosambiek uit te brei. Dit lei tot duisende luisteraars in die mees afgeleë gebiede wat tot bekering kom.
Dr. Jurie Vermeulen.
www.febaradio.co.za


DEUROFFERS

Verlede Sondag het gegaan vir Sinodale Getuienis – Mosambiek, Zimbabwe en Malawi.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir Helpende Hand.
 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023