GLENTANA BUURTWAG – 2 AUGUSTUS 10:00

GLENTANA BUURTWAG het besluit om as klein blyk van waardering vir die volgehoue ondersteuning van groter Glentana se inwoners, iets sigbaars te doen.
Daar is 3 uitbreidings in ons natuurgebiede waar net houthuise toegelaat word naamlik: Loerie Cresent (Outeniquastrand), Kloof (Dwarswegstrand) asook Nature-on-sea. Dit is uit ‘n brandvoorkomingsoogpunt uiters noodsaaklik dat elk van hierdie wonings met minstens 1 brandblusser toegerus word.
Om hierdie inwoners te ondersteun het die Buurtwag gereël dat 'n Brandvoorkomings-deskundige op Vrydag 2 Augustus alle belangstellendes se brandblussers sal inspekteer en sertifiseer. Dit begin om 10:00 by die Kobus Hattinghsaal. Enige brandvoorkomingsvrae sal ook beantwoord word. Verder is versoeke ontvang om ons Hommeltuig te sien vlieg en van nader te sien. Om alle inwoners en belangstellendes hierdie kans te gee sal ons gekwalifiseerde hommeltuigvliënier, Johan Minnie, die hommeltuig demonstreer asook vrae beantwoord.
Alle belangstellendes hartlik welkom. Kontakpersoon: Hendrik Visser.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023