06-10-2024 - 12-10-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Radio Kansel (Deuroffer): Vir mense om God te leer ken en liefkry deur die aanbiedings van radio. Vir aanbieders/omroepers en bestuur om bewys te wees van God se werking en die keuses van programmatuur.
  2. Rentmeesterskap: Lukas 12:34 (“Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”) Dat U vir ons gee-harte sal gee, want dit is waar ons skat dan sal wees. Gee ons as gemeente die vermoë om finansies wys en reg te bestuur en om U te vertrou.
  3. Die leiers van ons land en gemeenskappe – op alle vlakke (munisipaal, departementeel, nasionaal). Bid dat leiers verantwoordbaar en eerlik sal dien en ons kan lei in voorbeeld en nederigheid.
  4. Matrieks. Hul geestesgesondheid en voorbereiding vir die eksamen. Bid vir end-uit volhou.
  5. Vakante poste op ons kerkraad - vir die regte persone soos God dit wil hê.



DANKIE:

  1. Dat Christus ons hoop is (1 Tim. 1) Dat ons ons krag en moed elke dag by Hom kan kry!
  2. Dat God so baie gee. (Laat ons fokus oop wat ons het, en nie op wat ons begeer nie.)



GEBEDSUITDAGING VIR DIE WEEK:


As jy sukkel om te fokus of baie onderbreek word as jy bid, skryf jou gebed neer.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023