Erediens - 06 Oktober 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 6 Oktober se erediens om 09:30 in die kerk. Dit is Matrieksondag waartydens ons gaan voorbidding doen vir ons matrieks se eindeksamen.
Kom geniet 'n heerlike koppie koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 13 Oktober se eredienste:
08:00 Kobus Hattinghsaal te Glentana
09:30 INRYDIENS op ons kerkterrein. Skakel in op 90.5 FM op jou motorradio. Ons herleef die wonder van God se sorg tydens COVID-19.
Na afloop van die inrydiens gaan almal lekker saam braai onder die bome op die kerkterrein.


DEUROFFER: RADIO KANSEL

Radio Kansel en Radio Kaapse Kansel is 'n onafhanklike, interkerklike en interkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou.
Radio Kaapse Kansel kan op 729AM of op DSTV Audiokanaal 882 geluister word asook op
www.radiokansel.co.za,
www.kaapsekansel.co.za en
www.capepulpit.co.za.
Laai die toep (CAPEPULPIT) af en luister op jou selfoon.
Mnr. Kosie Burger

DEUROFFERS

Verlede Sondag is by die deure ingesamel vir Sinodale Jeugwerk.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir die Gideons.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023