Bedieningsmodel

 

BEDIENINGSMODEL - NG OUTENIQUALAND

 WAT WIL BEREIK WORD
HOE
DEUR WIE
 1)Geesvervulde gemeentelede wat ware "kindwees" uitleef.
Effektiewe en bybelgefundeerde woordverkondiging.
Leraar en L&A Kommissie.
Monitering: Beplanningskommissie.
 2)'n Beeld skep en 'n geloofsuitlewing deur gemeentelede wat 'n voorskou van die Koningkryk nou op aarde verteenwoordig.
Bedieningsfokus.Diensbare lidmate vir die gemeenskap.
 3)Lidmate wat as gestuurdes liefde deur woord en daad uitdra en in vennootskap tree met boere, welsynsorganisasies asook ander gereformeerde kerke.
Woordverkondiging aan plaasarbeiders en skole in omgewing.
Gemeentelede as geroepe gestuurdes (Getuienis).
 4)'n Diensgedrewe kerk vir die lidmate en gemeenskap.
Effektiewe skakeling met lidmate en ander rolspelers.
Dienswerkers.
 5)Geestelike versorging aan voorskoolse laer- en kleuterskole binne gemeentegrense en onderhouding van kategese vir inter-ouderdomsgroepe.
Geestelike versorging deur jeugbediening.
Gemeentelede as geroepe gestuurdes (Jeugbediening).
 6)Vorming en uitbreiding van die geestelike volwassenheid van lidmate se geloof.
Leraar as mentor d.m.v. inligtingsgesprekke, groepsgesprekke, gemeentebesprekinge en musiekbediening.
Gebeds- en bybelstudiegroepe en leraar. Aanvullende opleiding en kursusse.
 7)Uitbreiding en bevordering van Koinonia.
Behoud en uitbreiding van huidige aktiwiteite.
Blokleiers en Sosiale Komitee.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023