Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2024

OUTENIQUALAND – ALGEMENE WEKER

Hiermee adverteer ons die pos van Algemene Werker by NGK Outeniqualand: Werksure: Ma tot Vry 08:00 tot 16:30 Verrig dienste by Kobus Hattinghsaal, Sinksabrug kerk en pastorie, soos nodig. Pos behels o.a. die volgende take: Skoonmaak van sale, toilette, kombuise, kerk en ander geboue Pak en opruim van sale en terrein wanneer van toepassing Uitsit en wegpak van stoele en tafels ens Tuinwerk by KHS, kerk, pastorie en begraafplaas Onderhoud van terrein Ander take soos versoek Eie vervoer na en vanaf persele. Indien jy weet van ‘n betroubare, hardwerkende persoon wat geskik sal wees vir hierdie pos, laat weet asseblief vir Merinda by die kerkkantoor.

DANKBAARHEIDSOFFERS – OKTOBER 2024

Oktobermaand is ‘n besondere maand, want dit is lentemaand. Volgens die digter C. Louis Leipoldt is dit die mooiste, mooiste maand. Vir ons as Outeniqualanders is daar ‘n verdere rede waarom Oktobermaand besonders is. Dit is naamlik die maand waarin ons gemeentelede die geleentheid kry om op ‘n spesiale manier, bo en behalwe ons maandelikse dankoffers, ons dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader te betoon vir al die goedheid, guns en genade wat ons onverdiend uit Sy vaderhand ontvang en hoeveel stof tot dankbaarheid het ons as gemeente nie! Ons lidmatetal groei, ons finansies is gesond, daar is soveel aktiwiteite waaraan ons kan deelneem, daar heers soveel liefde, warmte en omgee tussen ons lidmate, ensovoorts, ensovoorts. Wat ons dankbaarheidsoffers betref, wil ons graag noem dat enige bedrag, groot of klein, welkom is. Dit wat jy gee, is ‘n saak tussen jou en jou Hemelse Vader. Sal dit nie wonderlik wees as elkeen van ons lidmate iets gee nie, maak nie saak hoeveel nie! Ons wil graag

06-10-2024 - 12-10-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Radio Kansel (Deuroffer): Vir mense om God te leer ken en liefkry deur die aanbiedings van radio. Vir aanbieders/omroepers en bestuur om bewys te wees van God se werking en die keuses van programmatuur. Rentmeesterskap: Lukas 12:34 (“Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”) Dat U vir ons gee-harte sal gee, want dit is waar ons skat dan sal wees. Gee ons as gemeente die vermoë om finansies wys en reg te bestuur en om U te vertrou. Die leiers van ons land en gemeenskappe – op alle vlakke (munisipaal, departementeel, nasionaal). Bid dat leiers verantwoordbaar en eerlik sal dien en ons kan lei in voorbeeld en nederigheid. Matrieks. Hul geestesgesondheid en voorbereiding vir die eksamen. Bid vir end-uit volhou. Vakante poste op ons kerkraad - vir die regte persone soos God dit wil hê. DANKIE: Dat Christus ons hoop is (1 Tim. 1) Dat ons ons krag en moed elke dag by Hom kan kry! Dat God so baie gee. (Laat ons fokus oop wat ons het, en nie op wat ons begeer nie.) GEBEDSUITDAGIN

Erediens - 06 Oktober 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 6 Oktober se erediens om 09:30 in die kerk. Dit is Matrieksondag waartydens ons gaan voorbidding doen vir ons matrieks se eindeksamen. Kom geniet 'n heerlike koppie koffie in die kerksaal na afloop van die erediens. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 13 Oktober se eredienste: 08:00 Kobus Hattinghsaal te Glentana 09:30 INRYDIENS op ons kerkterrein. Skakel in op 90.5 FM op jou motorradio. Ons herleef die wonder van God se sorg tydens COVID-19. Na afloop van die inrydiens gaan almal lekker saam braai onder die bome op die kerkterrein. DEUROFFER: RADIO KANSEL Radio Kansel en Radio Kaapse Kansel is 'n onafhanklike, interkerklike en interkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus t