Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2024

Lente Middaguur Konsertreeks - Eden Camerata

Prent
 

Septembervakansie

Die skole sluit Vrydag 20 September en open weer Dinsdag 1 Oktober. Ons wens al ons leerders/studente en onderwyspersoneel 'n heerlike rustyd toe om al die batterye lekker te herlaai.

BEESLOOP 14 SEPTEMBER 2024 - DANKIE!

Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om die Beesloop moontlik te maak. Elkeen se bydrae word opreg waardeer!

15-09-2024 - 21-09-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Predikantebegeleiding (Deuroffer): Bid vir geesvervulde, geroepe predikante wat God se gemeentes sal lei tot Sy eer alleen. Bid vir ds. Jan en al die uitdagings wat elke dag in Outeniqualand op sy pad kom. Verhoudings. Bid vir verhoudings in ons gesinne, families, vriendekring en by ons werksplekke. Gee wysheid en liefde waar moeilike mense ons pad soms kruis. Eenheid in ons kerk. Bid vir die NG Kerk en gemeentes in ons land. Bid dat ons God as die enigste Hoof van die kerk sal erken. Bid dat Sy Woord en Sy liefde onbelemmerd sentraal sal staan. Ons kerkraadsvergadering. Vir God se teenwoordigheid in elke saak/bespreking. Gestremde Persone. (Die afgelope para-olimpiese spele het weer eens kom wys hoeveel hindernisse hulle moet oorkom) DANKIE VIR: Vir gesondheid (Bid vir elkeen wat sukkel met gesondheid) Vir ons naby-mense. Dankie vir ondersteuning en liefde. GEBEDSUITDAGING VIR DIE WEEK: Bid vir mense wat jou te na gekom het, waarvan jy nie hou nie en met wie jy nie regkom nie.

Erediens - 15 September 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 15 September se erediens om 09:30 in die kerk. Kom geniet 'n heerlike koppie koffie in die kerksaal na afloop van die erediens. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 22 September se erediens om 09:30 in die kerk. Ds Dawid de Wet van Hartenbos neem die diens waar. DEUROFFER: Predikante begeleiding Dominees skryf agter hulle naam VDM - Verbi Divini Minister. Hulle is bedienaars van die Goddelike Woord. Oor hulle drumpels stap dié met aansien maar ook dié waarop neergesien word. Hulle bediening getuig van hartsake en kerksake en ringsake, van hartseer en twyfel en verslaentheid en rou. Hulle tree op as vredemakers en arbiters en fasiliteerders en troos-ters. Op Sondag staan hierdie manne en vroue voor U en sê: "So sê die Here." Deur die taakspan Predikantebegeleiding, wat deel is van die diensgroep Gemeentebegeleiding, lewer ons Sinode 'n omvattende ondersteunings- en bedieningsprogram aan al die leraars van ons kerk. 'n Progr

BEESLOOP - 14 SEPTEMBER 2024

Op Saterdag 14 September is dit weer ons jaarlikse BEESLOOP dag! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die kerk by die dam). Die veld word in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is. Ons het 'n bees wat op die veld gaan rondloop om 'n bietjie te wei. Die blok waarop die bees ‘n merk los, is die wenner. Daar gaan baie pryse wees! Dit is 'n oggend van kuier, pret en vele wenners! Moet dit nie misloop nie! 'n Skaalmodel van die veld met al die blokke en nommers word op 'n rekenaar neergesit en blokke word geallokeer aan kaartjiehouers. Naas die groot pryse wat op die kaartjies aangedui word, is daar ook talle ander pryse: Witzenberg Guest Farm – 2x Deluxe Dubbel Kamers vir 2 nagte (4 mense) Kleinplaas Oudtshoorn (akkommodasie vir gesin van 4 ) Beans about Coffee (Oudtshoorn) kom geniet 'n cappuccino en koek Te Fraai Diena in Groot Brakrivier (2 pragtige leerhandsakke) Prestons (1.5L wyn), Koelhouer Pizza & Donut Den i

Rachelle Greef - PHOEBE

Prent
 

KALENDER VIR 2025

2025 is om die draai! Daar gaan binnekort in alle erns begin werk word aan die 2025 kalender. Gemeentelede kry vir 2025 weer die geleentheid om 'n bladsy in die kalender te borg en 'n mooi teksvers of geestelike aanhaling wat vir jou besonderse waarde het, in daardie maand met die gemeente te deel. Die koste vir die borg van ‘n bladsy is R350. Stuur 'n whatsapp of 'n epos met: Jou naam/die maand wat jy verkies/die bewoording van die boodskap. Besighede is ook welkom om 'n blaai te borg.

KOOR

Die koor begin op Donderdag 12 September om 17:00 in die Kobus Hattinghsaal oefen vir die Kerssangdiens. Kom sing lekker saam en skakel in by die koor.

KERKRAADSVERGADERING

Hiermee geskied kennis van die Kerkraadsvergadering wat gehou sal word op Dinsdag 17 September om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal. Bid asseblief dat die Here se wil sal geskied.

08-09-2024 - 14-09-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Christelike Lektuur Fonds (CLF): (Deuroffer): Bid dat mense bereik sal word deur die geskrewe Woord. Bid vir ons land se Eenheidsregering. God is ons Vredevors en ons vra dat Hy eenheid, samewerking en integriteit sal bewerkstellig. Die Beesloop volgende naweek. Vir al die reëlings en die mense betrokke daarby. Bid dat hierdie dag tot God se eer sal geskied, en ons as gemeente dit saam sal geniet. Die Regstelsel. Bid teen georganiseerde misdaad en bendegeweld en vir slagoffers van geweld. DANKIE VIR: Elke seisoen in ons lewens. Laat ons die goed en die sleg waardeer, omdat God getrou lei, dra en ondersteun. Dat ons vir God kosbaar is, dat Hy ons uniek geskape het. GEBEDSUITDAGING VIR DIE WEEK: Kan nie slaap nie? Gebruik dié tyd om te bid.

Eredienste - 08 September 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 8 September se twee eredienste: 08:00 in die Kobus Hattingh-saal en om 09:30 in die kerk. Kom geniet 'n heerlike koppie koffie in die kerksaal na afloop van die erediens. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 15 September se erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: CLF Die Christelike Lektuur Fonds (CLF) is in 1957 gestig met die doel om die evangelie van Jesus Christus deur middel van Christelike materiaal in Afrikatale, maar ook in Afrikaans en Engels, te versprei en skrywers te bemagtig. CLF Missie: Die boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare Chrstelike materiaal – gedrukte en elektroniese produkte in 'n verskeidenheid tale met die oog op geloofsvorming en toerusting. Die lektuur word gratis of uiters bekostigbaar uitgegee, versprei en aan die breër kerk van Christus beskikbaar gemaak. CLF stel pamflette en bedieningsmateriaal in verskeie tale vir bediening in en van gemeentes van die NGK familie en ander kerke b

BINGO

Dinsdag 3 September om 11:00 is daar BINGO in die Kobus Hattinghsaal. Kom speel en kuier lekker saam. Ingangsfooi is R10 wat gratis koffie/tee insluit. Pryse vir die wenners! Kontak vir Lorraine

KLEUTERSKOOL

Daar is ongelukkig 'n paar kinders by Diepkloof Kleuterskool wat soggens in hierdie koue weer skool toe kom sonder warm genoeg klere. As daar mense is wat kan help met 'n warm baadjie of dik trui sal ons dit baie waardeer. Die kinders wat 'n tekort het is 2 seuns en 2 dogters van 4-5 jaar oud en 'n seuntjie en dogtertjie van 3-4 jaar oud. As iemand kan help, kan hul die klere by die skool gaan afgee, of vir my bel om dit te kom oplaai. Baie dankie by voorbaat! Bernice van Rooyen

01-09-2024 - 07-09-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Instituut vir Dowes ( Deuroffer): In die woorde van die nuwe gehoorgestremde Mej. SA, bid ons vir die mense wat uitgesluit voel weens gestremdhede. Bid dat hulle hulle volle potensiaal sal bereik. Bid vir volhoubaarheid na die werkswinkel met die skool vir Sosiale Innovasie. Dis amptelik lente! Bid ook vir groei in ons gemeente en eie geestelike lewens. Ons Vonkies/Kategese vir wysheid om ons kinders te bereik. Vir menstors, die bou van opbouende verhoudings, “commitment” en betrokke ouers. Dankdag Landbou en Ekonomie: Here gaan asseblief saam met ons boere en die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Ons vra dat U Suid-Afrika se ekonomie sal seën. DANKIE VIR: Die Six-a-side Sokkerdag en almal wat inbou, omgee en betrokke is in die gemeenskappe. Die gemeenskaplike maaltyd en nagmaal. Laat ons onthou...   GEBEDSUITDAGING VIR DIE WEEK:   Vra (jou) kinders, kleinkinders, straatkinders (groot of klein) waarvoor jy vir hulle kan bid. (Jy kan dalk verbaas staan!)