Plasings

05-05-2024 - 11-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Sinodale Bid- en Dankdag Arbeidsondag: Ons land se arbeiders is die kern van ons ekonomie. Ons bid vir die arbeiders en hulle vakbonde wat na hulle belange omsien, maar ook dat die vakbonde nie politieke speelvelde word nie. Ons bid ook vir al die werkloses in ons land. Magdalena Huis (Deuroffer): Vader ons bid vir die ongehude meisies wat hier versorg word. Wees U asseblief daar vir hulle en hulle versorgers. Pinkstertyd: In hierdie tyd herdenk ons die uitstorting van die Heilige Gees, wat sy hoogtepunt met Hemelvaart bereik. Help U ons om in hierdie dae weer bewus te word van hoe U ons daagliks seën. Verkiesing: Dat ons 'n leier kan kry wat die Here dien en tussen reg en verkeerd kan onderskei. DANKIE: Dat U na die Hemel opgevaar het om vir ons 'n plek te berei. Lied 429:1 “Die Heer regeer, Hy't opgevaar, die dood kon Hom nie hou nie. Sy almag sal ook ons bewaar – wie sal op Hom nie bou nie?” Dit is ook ons dankgebed in hierdie dae. Dat ons aan 'n Kerk en Gemeente beh

Erediens - 05 Mei 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die Kerk. Ons tweede kwartaal se tema is: Is ek 'n gestuurde binne my werksplek en waar ek ontspan? Hierdie kwartaal se preekreeks fokus op die werksplek en hierdie Sondag se tema is: GETUIENIS: Maniere om my geloof in my werksplek te deel! Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. HEMELVAART Ons nooi jou uit na ons Hemelvaartdiens op Donderdag 9 Mei om 18:00 by die kerkgebou te Sinksabrug. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 12 Mei se erediens om 09:30 in die Kerkgebou en die begin van die Pinksterdienste om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal. Daar sal geen diens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal wees nie. DEUROFFER: MAGDALENA HUIS Magdalenahuis Beradingsentrum het op 10 Oktober 1902 tot stand gekom en was 'n inisiatief van die NG Kerk. Magdalenahuis fokus op drie diensterreine: swangerskapberading, aanneming en herkomsfasilitering. In September 2014 neem Magdalenahuis dan ook die geloofstap om ween

HOOGEKRAAL LAERSKOOL

Laerskool Hoogekraal hou Saterdag 1 Junie kermis by die skool. Ons wil graag 'n “WIT OLIFANT” tafel opmaak. Indien jy enige huisware, kledingstukke, skoene of enige ander items wil uitgooi of van ontslae wil raak, skenk dit asseblief vir ons. Dit items word slegs vir R5 – R20 verkoop. Ons sal dit baie waardeer!!! Kontak vir Megan

BEHOEFTEBEPALING: OUERS IN LANDELIKE GEBIED

Ons vra voorbidding vir 'n byeenkoms op Dinsdag 30 April om 15:00 by ons kerksaal waarheen rolspelers uitgenooi is om gesprek te voer oor die behoeftes van gesinne in ons landelike area. Verteenwoordigers van ons Diensgroepe vir Barmhartigheid, Getuienis, plaaslike skole, boere en BADISA (Maatskaplik) sal die byeenkoms bywoon. Ons het die droom om 'n maatskaplike werker te kry wat spesifiek geoormerk is vir ons area. Maar ons moet seker maak wat ons landelike area se diepste behoefte is.

BEERTJIE-PROJEK

As daar dames is wat wil help brei aan hierdie projek kan hulle by Lizelle kom wol en stopsel haal (en 'n patroon). Sy sal Sondag na die erediens in die konsistorie wees met die wol. As jy nie Sondag na kerk daar kan wees nie, kontak gerus vir Lizelle Burger.

PINKSTER - SOP EN BROODJIES

Ons Pinksterdienste begin Sondag 12 Mei en duur tot Donderdag 16 Mei. Die dienste vind plaas in die Kobus Hattingh-saal te Glentana. Elke jaar bederf ons dames die gemeente met die heerlikste sop en broodjies. Hierdie jaar is geen uitsondering. Ons benodig 8 – 10 potte sop vir elke aand asook broodjies of vetkoeke. As jy hiermee kan help, kontak asseblief vir Marelize of Merinda.

28-04-2024 - 04-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Gelowiges in oorloggeteisterde gebiede: Vader in die gebiede is daar steeds gelowiges wat onder moeilike omstandighede die Evangelie uitdra. Beskerm hulle asseblief en seën hulle werk. Bediening onder die Jode (Deuroffer): Reeds in hierdie tyd van konflik en verskillende sentimente oor die Jode, het die gelowiges onder hulle, en die wat die Evangelie onder hulle bedien, U hulp nodig. Seën U asseblief die bediening. Verkiesing: Ons wil veral die Verkiesingskommissie aan U opdra. Help hulle asseblief om hulle werk onafhanklik en tot U eer te doen. Presidentsverkiesing in die VSA: Die verkiesing is ook vir ons land en die wêreld van belang, omdat die VSA so 'n groot invloed op ons en die wêreld se ekonomie het. Ons bid dat U ons gebede en die baie gebede in die VSA sal verhoor. DANKIE: Vir die Paassangdiens: Tinus en die koor het hulle talente tot U eer gebruik en ons as gemeente geestelik na U gebring. Dankie vir U teenwoordigheid. Dat ek my werk tot U eer kan doen en vir ons wat ree

Erediens - 28 April 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 28 April se erediens om 09:30 in die Kerk. Ons tweede kwartaal se tema is: Is ek 'n gestuurde binne my werksplek en waar ek ontspan? Hierdie kwartaal se preekreeks fokus dus op die werksplek en hierdie Sondag se tema is: MENSE: Naasteliefde by die werksplek! Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. DEUROFFER: BEDIENING AAN JODE Bid asseblief vir Jeanie de Wet wat na die Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaanse Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad. Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer sal kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wie nie lidmate van Beit Ariel is nie en na Jode wat nie glo dat Jesus die Messias is nie.

21-04-2024 - 27-04-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Die Koor: Die Paassangdiens onder leiding van ons kerkkoor is vir ons gemeente 'n besondere geleentheid, waar ons die Here se teenwoordigheid ervaar deur musiek en sang. Seën U asseblief hierdie geleentheid. Integriteit (Verlede Sondag se prediking): Vader help ons om ons Goddelike karakter na vore te laat kom, selfs daar waar mense ons nie sien nie. Verkiesing: Vir ons almal bly die komende verkiesing 'n saak van gebed. Help U ons om volkome op U te vertrou. Oorloë: Die oorloë vervul ons steeds met vrees en hartseer, maar ons vertrou steeds op u as die Vredemaker. DANKIE: Vir U liefde! Lied 334: “God is liefde juig ons harte, en bedink wat liefde doen: Dat Hy ons Sy seun gestuur het, om ons sonde te versoek.” Dat U die Skepper is! Vir die talente waarmee U ons geskape het. Ons loof U daarvoor!