Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2024

Nagmaal - 1 September 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Ons nooi jou uit na Sondag 1 September se NAGMAAL om 09:30 in die kerkgebou en die Nagmaalsete vanaf 11:30 in die KH-Saal. As gevolg van die Nagmaals-ete sal daar na die erediens geen koffie in die saal wees nie. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 8 September se twee eredienste: 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: Instituut vir Dowes Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Christus kan ontvang. Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes word as volg aangewend: Bejaardesorg vir Dowes in 'n versorgingseenheid op Worcester; Residensiële versorging van volwasse Dowes met meer- voudige-gestremdhede (die enigste in Suid-Afrika en Afrika); Beroepsopleiding aan Dowe studente; Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies; Ondersteuning aan 2 gemeente (die Dowe Familie Kerk, W

BEESLOOP - 14 SEPTEMBER 2024

Op Saterdag 14 September is dit weer ons jaarlikse BEESLOOP dag! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die kerk by die dam). Die veld word in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is. Ons het 'n bees wat op die veld gaan rondloop om 'n bietjie te wei. Die blok waarop die bees ‘n merk los, is die wenner. Daar gaan baie pryse wees! Dit is 'n oggend van kuier, pret en vele wenners! Moet dit nie misloop nie! 'n Skaalmodel van die veld met al die blokke en nommers word op 'n rekenaar neergesit en blokke word geallokeer aan kaartjiehouers. Naas die groot pryse wat op die kaartjies aangedui word, is daar ook talle ander pryse: Witzenberg Guest Farm – 2x Deluxe Dubbel Kamers vir 2 nagte (4 mense) Kleinplaas Oudtshoorn (akkommodasie vir gesin van 4 ) Beans about Coffee (Oudtshoorn) kom geniet 'n cappuccino en koek Te Fraai Diena in Groot Brakrivier (2 pragtige leerhandsakke) Prestons (1.5L wyn), Koelhouer Pizza & Donut Den in Har

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Daar is ongelukkig 'n paar kinders by Diepkloof Kleuterskool wat soggens in hierdie koue weer skool toe kom sonder warm genoeg klere. As daar mense is wat kan help met 'n warm baadjie of dik trui sal ons dit baie waardeer. Die kinders wat 'n tekort het is 2 seuns en 2 dogters van 4-5 jaar oud en 'n seuntjie en dogtertjie van 3-4 jaar oud. As iemand kan help, kan hul die klere by die skool gaan afgee, of vir my bel om dit te kom oplaai. Baie dankie by voorbaat! Bernice van Rooyen

SIX-A-SIDE SOKKERDAG - 31 AUGUSTUS 2024

Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis bied op Saterdag 31 Augustus 'n six a side junior world cup sokkertoernooi aan op Laerskool Van der Hoven se velde. Dit is vanjaar reeds die 3de keer wat dit aangebied word. Ses plaasskole neem deel. Die evangelie-boodskap word gebring en livingball balle met die evangelie daarop uitgebeeld, word uitgedeel. Elke kind kry ook 'n middagete/lekkergoed-pakkie/sertifikaat en medalje vir deelname. Ons benodig enige vorm van hulp: braaiers, beamptes, vrywilligers ens. Skakel met Charles by indien jy kan help. Toeskouers is BAIE welkom.

25-08-2024 - 31-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Hospitaalbearbeiding (Deuroffer): Mense met wysheid, onderskeidingsvermoë en deernis. Matrieks wat besig is met rekord-eksamen. Die hantering van druk om toekomsplanne te laat realiseer. Gesinne: Sosiale, geestelike en morele welstand van gesinne in ons omgewing. Vredesamesprekinge in Gaza. Werkswinkel saam met Sosiale Innovasie: Bid asb. dat die Here se stem duidelik gehoor sal word en dat Hy die koers sal bepaal. DANKIE: Dat God na ons kyk met 'n liefdesbril van Genade. Vir die helder spieël van U Woord.

Erediens - 25 Augustus 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 25 Augustus se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Sondag kuier dr. Frederick Marais van die Skool vir Sosiale Innovasie op Wellington by ons. Ons verwelkom ook die koor van die VGK Friemersheim by ons. Die Nagmaal en Nagmaalsete word uitgestel na volgende Sondag, 1 September. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 1 Sep se NAGMAAL om 09:30 in die kerk en Nagmaalsete vanaf 12:00 in die Kobus Hattingh-saal. DEUROFFER: Hospitaalbearbeiding 'n Samewerkingsooreenkoms is met HospiVision, 'n nie-regeringsorganisasie, gesluit wat sedert 1999 in die hospitale leiding neem in die spirituele en emosionele versorging van pasiënte, hulle families en personeel. Indien pasiënte vanaf die platteland pastorale ondersteuning benodig in hospitale binne die Kaapse Metropool, moet HospiVision gekontak word. Die diensgroep Diaconia het die webwerf ( http://www.myhulp.co.za ) ontwikkel om inligting te voo

Om soos God te kyk... Preekreeks

Prent
 

Badisa George - Projek: Blikkies vir Terapie

Prent
 

LAERSKOOL BLANCO GHOLFDAG

Prent
 

GALA AAND - 16 AUGUSTUS 2024

Dankie vir almal wat betrokke was by ons Gala-aand. Dit was 'n heerlike aand vol van inspirasie.

GESIN BENODIG HULP

Daar is 'n gesin in Laerskool Van der Hoven (met 2 kinders) wat van voor af huis opsit. Hulle benodig: • Borde, papborde, bekers (hulle gebruik op die oomblik plastiek borde en bekers) • 1 x klein pot; 1 x medium pot (het 1 groot pot) • Pan • Rasper • Enige ander ongebruikte kombuis “gereedskap” sal waardeer word. • Yskas • Stoele vir sitkamer (het 2 stoele vir sitkamer gekry) • Enkelbed beddegoed vir 2 beddens • Beddegoed vir dubbelbed • Wasmasjien As enige iemand kan help stuur asb. vir Lizelle van ons Diensgroep vir Barmhartigheid 'n whatsapp boodskap.

SIX-A-SIDE SOKKERDAG - 31 AUGUSTUS 2024

Prent
Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis bied op Saterdag 31 Augustus 'n six a side junior world cup sokkertoernooi aan op Laerskool Van der Hoven se velde. Dit is vanjaar reeds die 3de keer wat dit aangebied word. Ses plaasskole neem deel. Die evangelie-boodskap word gebring en livingball balle met die evangelie daarop uitgebeeld, word uitgedeel. Elke kind kry ook 'n middagete/lekkergoed-pakkie/sertifikaat en medalje vir deelname. Ons benodig enige vorm van hulp: braaiers, beamptes, vrywilligers ens. Skakel met Charles indien jy kan help. Toeskouers is BAIE welkom.  

18-08-2024 - 24-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Teologiese Kweekskool (Deuroffer): Ons bid dat U Woord steeds sentraal sal wees in die Teologiese opleiding en dat die wat waarlik geroepe is, hulle as predikante sal bekwaam. Ouers en opvoeders wat kinders met probleme moet hanteer. Gee U asseblief vir hulle leiding en lig. Neem U beheer van die kinders se wil en emosies. Outeniqualand se musiekbediening: Dankie vir hulle wat hulle talente tot die gemeente se beskikking stel en dat ons deur sang en musiek U teenwoordigheid kan ervaar. “Om soos God te kyk” reeks. Leer ons om anders te kyk na U, onsself, verhoudings, kerkwees, ons gemeenskap en ons land. DANKIE: Vir 'n normale samelewing waarvan ons deel kan wees. Maar ons bid vir hulle wat daagliks in vrees moet lewe. Vir gebed: Gebed is ons direkte kontak met U. Dankie vir hierdie lewenslyn wat U aan ons gee. Gee ons die krag om nooit op te hou bid nie.

Erediens - 18 Augustus 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 18 Augustus se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Sondag skop ons af met die reeks “Om soos God te kyk...” Sondag se tema is: Sien God anders. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 25 Augustus se erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: Teologiese Kweekskool Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog op die bediening as predikante en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra. Me Amanda van Niekerk DEUROFFERS Verlede Sondag het ons by die deure ingesamel vir SAAW

LEESKRING

Prent
Op 14 Augustus kom prof. KAREN DE WET, al die pad van Johannesburg, om huldiging te bring aan een van ons land se Hertzogprys-wenners vir Poësie, PETRA MÜLLER. Met 'Die skerpgevylde oomblik' word Petra opnuut aan lesers bekend gestel, veral om met núwe belangstelling en ander oë na haar uniekheid as mens en skrywer te kyk...die "Wyfiewolf met die heldersiende oë" Kostes: R60 Lede en R80 Nie/Lede. RSVP: Voor Maandag 12 Augustus by Etty of Hillet Dankbaar om as lesers hierna te kan uitsien!  

OUTENIQUALAND HEMDE

Die Outeniqualand Hemde sal vanaf Dinsdag 13 Augustus beskikbaar wees by die kerkkantoor.

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Diepkloof Kleuterskool vra of daar dalk iemand is wat 'n ongebruikte, werkbare skootrekenaar het wat hul aan die kleuterskool wil skenk. Dit word vir adminstrasie en navorsing gebruik en die een wat ons het is al baie oud en stadig. Kontak asseblief vir Bernice indien jy kan help. Baie dankie!

11-08-2024 - 17-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

SAAWE ( Deuroffer): Hierdie Organisasie mobiliseer die kerk in Suid-Afrika en die wêreld om ons, om dissipels van Christus te wees. Ons bid vir hulle werk en dat U hulle werk sal seën. Die Landbou: Die rol wat dié sektor in ons land en gemeenskap speel. Die Landbou is nie alleen voedsel voorsieners nie, maar ook geestelike versorgers. Vader help U ons boere in die omvattende verantwoordelikheid. Outeniqualand: Here help ons in ons pogings om 'n verskil te maak in ons gemeenskap waar daar soveel nood is. DANKIE: Gelowige vroue wat bereid is om leiding te neem en 'n verskil in gemeentes te maak. (Vrouemaand) Vir toegewyde personeel wat sorg vir ons kerk se administrasie, asook die wat sorg dat ons terreine en geboue netjies is. Vir gelowiges wat 'n verskil in die wêreld maak, in 'n tyd van onrus, oorlog en natuurrampe.

Erediens - 11 Augustus 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 11 Augustus se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Daar is Sondag geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees nie. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 18 Augustus se erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: SAAWE Die deuroffer gaan vir Gerrie en Arlene Coetzee van die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE). Hulle is 'n sendelingpaar wat deur NG Gemeente George-Bergsig uitgestuur is en deur die gemeentes van die Ring van George asook individue finansieel ondersteun word. Hulle is aanvanklik uitgestuur vir Sending Portugal. Na baie jare se vrugbare werk is hierdie sending-projek deur o.a. die regering in die wiele gery. Kort daarna het Gerrie en Arlene teruggekeer na Suid-Afrika en hulle sendingwerk voortgesit by die SAAWE. Nora de Wit (NG Bergsig Projekleier) DEUROFFERS Verlede Sondag het ons ingesamel vir DEGNOS. Volgende Sondag se Deuroffer is vir die Teologiese Kwee

BEESLOOP – 14 SEPTEMER 2024

Die Beesloop-oggend is 'n heerlike saamkuier oggend van pret en plesier in die natuur, met baie wenners! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die dam). Dit is die oggend van 9:00 tot 12:00 met baie opwinding, pryse en heerlike stalletjies om van te kies en te keur. VIR DIE JONGSPAN: plaas-ferrari / kettieskiet / cupcake versiering / perderitte en vele meer!!! HOE WERK DIT? Die veld agter die kerk se dam, is in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is ('n blok word vir R100 verkoop). Daar is 'n skaalmodel van die veld met al die blokke. Die nommers word lukraak toegeken op ‘n rekenaar en uiteengesit vir besigtiging. Ons het beeste wat op die veld gaan rondloop om 'n bietjie te wei. Die blok waarop hulle die eerste merk los, is die wenner en kan een van die onderstaande pryse gaan kies. Die pryse word deur die wenners gekies in volgorde soos die beeste hulle merk los. WAT IS DIE PRYSE? Geskenkbewys van Buffelsdrift (2 persone vir 1 n

04-08-2024 - 10-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

DEGNOS (Deuroffer): Vader ons bid vir Andries en Tracy en hulle span in Namibië en die geestelike werk wat onder die Boesmans gedoen word. Seën U asseblief die projek. Nuwe lidmate: Ons bid dat hulle hier in ons gemeente 'n geestelike tuiste sal vind en dat ons hulle met die liefde van Christus sal laat welkom voel. Hulle wat kronies siek is: Laat hulle nooit aan U genade, liefde en ontfeming twyfel nie. Nuwe regering: Here help asseblief die lede van die nuwe regering om staande te bly teen omkopery en korrupsie. DANKIE: Vir 'n groeiende gemeente en dat U hand sigbaar is in ons gemeente. Vir middele tot ons beskikking om in 'n koue winter warm te bly. Dat ons U kan loof en prys vir Suid-Afrika se verkiesing wat glad en sonder insidente verloop het. Vrouemaand: Dankie vir die rol wat vroue in die kerk, samelewing en huis speel.

Erediens - 04 Augustus 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 4 Augustus se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 11 Augustus se erediens om 09:30 in die kerk. Daar sal volgende Sondag geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees nie. DEUROFFER: DEGNOS (Bediening onder die Boesmans) Outeniqualand het 'n jare lange verbintenis tot die DEGNOS bediening vir Boesmans. Twee jaar gelede op die 13de Augustus, het lede van die Diensgroep vir Getuienis en lidmate van Outeniqualand hulle besoek en klere, skryfbehoeftes, sokkerballe en lekkers vir hulle gevat en ook die personeel en vir Andries en Tracy gaan bemoedig en versterk vir hulle werk. Doen gerus die moeite en lees die aangehegte Nuusbrief van DEGNOS. Daar is baie interessante inligting in die Nuusbrief. Andries en Tracy Gous DEUROFFERS Verlede Sondag het offers ingesamel vir Helpende Hand. Volgende Sondag se Deuroffer is vir SAAWE. Ds Jan is met vakansie van 14 J