Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2024

Around The World... In 80 Minutes

Prent
 

30-06-2024 - 06-07-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Ramot (Deuroffer): Die pasiënte wat hier opgeneem word het 'n dwelm of drank probleem en het ons voor-bidding en finansiële ondersteuning baie nodig. Ons dink ook in ons voorbidding aan die beraders wat hulle bystaan. Hulle wat kinders en familie het wat oorsee woon. Stil U die verlange en beskerm die wat ver woon. Mensehandel wat besig is om toe te neem. Ons bid dat die misdadigers aan die man gebring sal word en neem U asseblief die ontvoerdes onder U beskerming. Wêreldonrus: Vader ons bespeur onrus oor die hele wêreld. Ons bid dat gelowiges weer hulle oë op U sal vestig en begin getuig. DANKIE: Dat U ons paaie gelyk maak. Spreuke 3:6 “Ken Hom in wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Vir U troue liefde en die versekering in U Woord dat U ons nooit sal verlaat nie. Vir hulle wat gewillig is om deur hulle getuienis 'n verskil in mense se lewens en omstandighede te maak.

Erediens - 30 Junie 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 30 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Ons verwelkom ook die familie van Daniël Barnard wat ten doop gebring word. Kom drink heerlike koffie na die diens op die gras voor die kerk, as die weer dit toelaat. Daar is 'n ander funksie in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 7 Julie se erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: RAMOT 'n Nuwe lewe, 'n Nuwe begin! Ramot is 'n behandelingsentrum vir alkohol- en ander middel afhanklikheid en bestaan reeds vir 57 jaar. Gedurende hierdie tyd het meer as 210 000 mense met 'n afhanklikheidsprobleem direk of indirek hulp ontvang. Alkohol bly steeds die grootste probleem. Afhanklikheid (verslawing) beteken om oorgegee te wees aan 'n mag buite jouself met rampspoedige gevolge. Die persoon het geen hoop nie, en voel om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie. Families is skaam vir die persoon en die wêreld verwerp hulle grootliks. Maar mag ons as Christe

GALA-AAND - 16 AUGUSTUS 2024

Prent
Die Gala-aand is 'n spesiale toekenningsaand vir lidmate van Outeniqualand-gemeente. Die toekennings word gemaak aan die hand van 'n klompie kategorieë (hieronder vermeld) waarvan party komies van aard is en ander meer ernstig. Vanaf volgende week begin ons vra vir nominasies vir die onderskeie kategorieë. Daar is 'n nominasievorm beskikbaar wat voltooi moet word. Dit is beskikbaar by die kerkkantoor. Die wenners word deur 'n stemming van die lidmate bepaal, 'n week voor die gala-aand plaasvind. Ons verskaf later meer inligting oor die prosedure van die stemproses asook die verskillende kategorieë. Die spoggeleentheid neem die vorm van 'n kaas- en wyn funksie aan op Vrydag 16 Augustus te Kobus Hattinghsaal in Glentana. Kaartjies is @R100 pp beskikbaar by die kerkkantoor.  

BEESLOOP - 14 SEPTEMBER 2024

Op Saterdag 14 September is weer BEESLOOP dag! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die kerk by die dam). Die veld word in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is. 'n Skaalmodel van die veld met al die blokke en nommers word op 'n rekenaar neergesit en blokke word geallokeer aan kaartjiehouers. Ons het 'n bees wat op die veld gaan rondloop om 'n bietjie te wei. Die blok waarop die bees 'n merk los, is die wenner. Daar gaan baie pryse wees! Dit is 'n oggend van kuier, pret en vele wenners! Moet dit nie misloop nie!

SIX-A-SIDE SOKKERDAG - 31 AUGUSTUS 2024

Prent
Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis bied op Saterdag 31 Augustus 'n six a side junior world cup sokkertoernooi aan op Laerskool Van der Hoven se velde. Dit is vanjaar reeds die 3de keer wat dit aangebied word. Ses plaasskole neem deel. Die evangelie-boodskap word gebring en livingball balle, met die evangelie daarop uitgebeeld, word uitgedeel. Elke kind kry ook 'n middagete/lekkergoed-pakkie/sertifikaat en medalje vir deelname. Ons benodig enige vorm van hulp: braaiers, beamptes, vrywilligers ens. Skakel met Charles indien jy kan help. Toeskouers is BAIE welkom.  

HEUNINGDRAER

Outeniqualand se lente-nuusbrief het DRINGEND behoefte aan redaksielede! As jy bereid is om te help om dié nuusbrief aanmekaar te sit, kontak asseblief vir Merinda by die kerkkantoor. Indien jy die gawe het om te skryf kan jy 'n bydrae vir die Heuningdraer skryf oor ‘n ervaring of iets/iemand wat jou geraak het, 'n gedig of 'n geestelike belewenis. Ernstig of snaaks. Ons hoor graag van jou!

23-06-2024 - 29-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Diepkloof Kleuterskool: (Deuroffer) Ons bid vir leerders, ouers en onderwysers wat by die skool betrokke is. Seën U die werk wat gedoen word en sorg asseblief vir finansiële ondersteuning. Vakansie: Baie van ons gemeentelede is in hierdie tyd op die paaie. Beskerm U hulle en seën die rus wat hulle geniet. Here gee ons die moed om met woord en daad U boodskap van liefde uit te dra. “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie....” (Tim1:7-8 ) Verkiesing: Die samestelling van die nuwe parlement en die nuwe leiers van ons land. DANKIE: Vir vakansietyd: Dat U ook vir U kinders 'n tyd van rus gun. Seën U die rus, en waar baie in die natuur verkeer, maak hulle bewus van U skepping en teenwoordigheid. Vir 'n huis en dat ons warm en gevoed kan gaan slaap. Vir mense wat die behoeftes van ander raaksien en hulp verleen.

Erediens - 23 Junie 2024

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag 23 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 30 Junie se erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL Soos meeste van u bewus is, is Diepkloof Kleuterskool in 2002 gestig deur lede van die gemeente om veral die kinders op die plase die geleentheid te gee om die Vroeë Kinderontwikkeling programme te ondergaan en skoolgereed te kry eerder as om alleen op die plaas te sit terwyl hul ouers werk. Tans het ons 65 kinders tussen die ouderdom van 3 tot 6 jaar oud wat deur 4 gekwalifiseerde opvoeders opgelei word om voorbereid te wees vir hul formele skoolloopbaan en hul so die beste kans te gee om te ontwikkel in goedaangepaste volwassenes wat eendag hul plek in die lewe sal kan vol staan. Ons leerders kom omtrent om die helfte van die plase en Hoogekraal gebied af. Hulle word daagliks gratis vervoer met die skool se Kia bakkies, wat de

Biddag - Jeug en Kategese

Prent
 

Gebed vir Vadersdag

Prent
 

Gebedslys vir Suid-Afrika

Bid vir vrede en eenheid tydens die laaste onderhandelinge voor die sitting van die Parlement. Bid dat wet en orde in elke provinsie sal heers, sonder geweld of wetteloosheid. Bid vir die nodige voorbereidings en ordelike verloop van die eerste sitting van die 7de Parlement. Bid vir wysheid en goddelike leiding vir die verkiesing van die President, Speaker en Adjunk-Speaker. Bid en verklaar God se heerskappy en voorsiening oor Suid-Afrika! Hoofregter Raymond Zondo het bepaal dat die eerste sitting van die pasverkose parlement op Vrydag 14 Junie sal plaasvind. Tydens die eerste sitting van die 7de demokratiese administrasie sal die verkiesing van die President, Speaker en Adjunk-speaker plaasvind. Ons vra dat jy saam met die res van Suid-Afrika sal bid vir hierdie prosesse. (Die inspirasie kom van Jericho Walls International. Dit is vertaal en verkort.)

16-06-2024 - 22-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Outeniqualand se eie Diensgroep vir Getuienis: (Deuroffer) Vader ons bid vir die werk wat hierdie Diensgroep doen, binne ons gemeente, Friemersheim maar ook so vêr as Namibië. Mag hierdie werk geseën wees en die nodige finansiële ondersteuning kry. Biddag vir Jeug en Kategese (Vonkies): Ons bid op hierdie dag vir ons jeug wat soveel uitdagings te bowe moet kom maar ook vir die leiding wat hulle van ons Vonkleiers ontvang. Vadersdag Ons bid vir die vaders in ons gemeente. Rus U hulle toe vir hulle groot verantwoordelikheid om hulle gesinne met liefde, geduld en deernis te versorg en na Jesus te lei. Armes en haweloses: In die koue winter waar die mense baie moet ontbeer. Ons bid dat ons wat het, die nood sal raaksien en 'n helpende hand sal uitsteek. DANKIE: Vir vaders wat hulle doopbelofte nakom en die geestelike leiers in die gesinne is. Vir almal wat ingetree het vir die kerkraadsvergadering. Dat U steeds in beheer van ons land is te midde van negatiewe wetgewing, misdaad, moord,

Erediens - 16 Junie 2024

Ons nooi jou uit na Sondag 16 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Sondag se tema is: MISLUKKINGS: Hoe om mislukkings te hanteer? Dit is Sondag Vadersdag asook Biddag vir Jeug en Kategese. Daar is geen Vonkies in die vakansie nie. Ons wens al ons leerders en onderwysers 'n heerlike rustyd toe! Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 23 Junie se erediens om 09:30 in die kerk. Daar is geen Vonkies in die skoolvakansie nie. DEUROFFER: ONS EIE DIENSGROEP VIR GETUIENIS Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis-aksies staan onder leiding van Charles Robertson. Die span bestaan uit Ds Jan, Almero de Lange, Barry Robertson, Christo en Carin Coetzee, Christo Kruger, dr. Kobus Hattingh, Henk Vosloo, Chris Oosthuizen, Johan Deysel, Kobus Faasen, Nikki Visagie, Schalk Boshoff en Merinda Duvenage. Hierdie diensgroep is verantwoordelik vir die uitdra van die Woord van Sinksabrug tot in Namibië en saam met die Diensgroep

KOMBERS-PROJEK

Prent
 

Grootbrak Leeskring - 12 Junie 2024

Prent
 

Blikkies vir Terapie

Prent
  Ons wil vra dat lidmate die blikkies direk by BADISA in George gaan aflaai. Laai sommer jou vriende en bure se blikkies ook op. Dit is 'n wonderlike projek waarmee mens ‘n groot verskil kan maak in 'n kind se lewe.

WÊRELD OSEANEDAG

Prent
  Wat is nou lekkerder as om deur 'n brander te duik, op die see in jou kajak te roei of sommer net langs die see te gaan stap? Op Saterdag 8 Junie vier ons Wêreld Oseanedag met die tema Awaken New Depths. Oseane beslaan meer as 70% van ons planeet en is ’n onontbeerlike lewensbron wat die voortbestaan van ons as mense asook dié van elke ander organisme op aarde ondersteun. Oseane produseer ten minste 50% van ons planeet se suurstof en is die tuiste van die meeste van die aarde se biodiversiteit. Dit is ook die hoofbron van proteïene vir meer as 'n miljard mense regoor die wêreld. Oseane voed die wêreldekonomie met 'n geskatte 40 miljoen mense wat teen 2030 in diens van oseaan-gebaseerde nywerhede sal wees. Laat ons as navolgers van Christus ons deel bydra om respek aan ons oseane te betoon.

KERKRAADSVERGADERING

Hiermee geskied kennis van die Kerkraadsver-gadering wat gehou sal word op Dinsdag 11 Junie 2024 om 18:00 by die Kerk. Bid asseblief dat die Here se wil vir Outeniqualand sal geskied met elke besluit wat geneem word.

KONINKRYKSTYD

Ons is nou in Koninkrykstyd, 'n besondere tyd in die kerkjaar. Hierdie tydperk, wat begin na Pinkster en strek tot Advent in Desember, is 'n geleentheid vir gelowiges om te besin oor die betekenis van Jesus se lewe en leringe. Koninkrykstyd herinner ons immers dat ons deel is van iets groter – die koninkryk van God. Dit is 'n tyd waarin ons uitgenooi word om ons roeping as Christene te herontdek en ons te verbind tot diensbaarheid in die wêreld as die liggaam van Christus. Ons word herinner dat die kerk ook 'n draer van die kruis is. Om jou kruis op te tel en Jesus te volg, beteken om bereid te wees om opofferings te maak en soms moeilike paaie te stap ter wille van jou geloof. Dit vra van ons om ons eie begeertes en gemak agter te laat en onselfsugtig vir ander te lewe, net soos Jesus gedoen het. Vir die kerk beteken dit om 'n gemeenskap te wees wat lyding en opoffering omarm as 'n weg na ware lewe en vreugde. So, mag ons in hierdie tyd met oop harte en gewilli

09-06-2024 - 15-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Ekologie: (Biddag vir Ekologie) Die grond is heilig, dit onderhou die mense, dit beskerm die mense en sorg vir die mense. Bid vir hierdie kosbare erfenis. Innovation for the Blind (Deuroffer): Here hierdie organisasie doen baie belangrike werk onder mense met siggestremdhede. Gee hulle geduld, liefde en versterking om hierdie taak te verrig. Die kerkraadsvergadering (11 Junie) Ons vra in nederigheid dat U self teenwoordig sal wees by die vergadering. Ons bid dat U wil sal geskied met elke besluit wat geneem word. Vakansie (14 Junie – 9 Julie): Here ons vra U beskerming vir almal wat op die pad is in hierdie tyd. Gee dat die skoliere, studente, onderwysers en lektore liggaamlike en geestelike sal uitrus. Verkiesing: Ons dra al die prosesse wat na die verkiesing plaasvind aan U op. Laat reg en geregtigheid seëvier. Gee kalmte en wysheid. Ons weet U is in beheer! DANKIE: Vir RSG en die TV wat steeds geestelike programme en musiek uitsaai. Vir die voorbeeld wat U vir ons gestel het, van ne

Erediens 09 Junie 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 9 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Sondag se tema fokus steeds op die werksplek met die tema: LEIERSKAP: My karakter word gevorm! Daar sal geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees op 9 Junie nie. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 16 Junie (Vadersdag) se erediens om 09:30 in die kerk. Daar is geen Vonkies in die skoolvakansie nie. DEUROFFER: INSTITUUT VIR BLINDES “Ek het vanoggend 2 gekenke oopgemaak....my oë!” Innovation for the Blind (voorheen bekend as Instituut vir Blindes), voorsien reeds sedert 1881 in die allesomvattende behoeftes van die blindes, swaksiende en meervoudiggestremde volwassenes, deur die voorsiening van vaardigheidsopleiding, gespesialiseerde versorging, terapeutiese ondersteuning en werkskepping. Ten spyte van verskeie uitdagings oor ons 139 jaar het ons oorleef, en selfs sterker anderkant uitgekom, danksy die getroue ondersteuning van hartsmense en

Veilige Kerk, Veilige Kinders: Dink voor jy 'post'

Prent
Kinderbeskermingsweek vind hierdie jaar van 28 Mei – 4 Junie plaas. Gebruik hierdie veldtog om die gesprek aan die gang te sit oor die veiligheid van kinders en tieners in jou gemeente se ruimtes en byeenkomste.  

GHOLFDAG TEN BATE VAN BADISA

Prent
Dankie aan Wim de Wet en sy span wat die gholfdag met uitnemendheid gereël het.  

BINGO OGGEND: DINSDAG 4 JUNIE

Kom geniet die BINGO oggend om 10:30 in die Kobus Hattinghsaal. Baie pryse en hope pret! Ingang is R10 wat gratis tee/koffie insluit. Moet dit nie mis nie. SIEN JOU DAAR!

KOMBERSPROJEK

Die komberse van die Kombersprojek word hierdie week aan die kinders by die skole uitgedeel. Indien jy wil help uitdeel, kontak vir Petru. Die komberse word uitgedeel by Diepkloof Kleuterskool, Diepkloof Laerskool, Laerskool Hoogekraal en Laerskool Van Der Hoven.

HEUNINGDRAER

Outeniqualand se lente-nuusbrief het DRINGEND behoefte aan redaksielede! As jy bereid is om te help om dié nuusbrief aanmekaar te sit, kontak asseblief vir Merinda by die kerkkantoor. Indien jy die gawe het om te skryf kan jy ‘n bydrae vir die Heuningdraer skryf oor 'n ervaring of iets/iemand wat jou geraak het, 'n gedig of 'n geestelike belewenis. Ernstig of snaaks. Ons hoor graag van jou!

02-06-2024 - 08-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Ekologie: Die grond is heilig, dit onderhou die mense, dit beskerm die mense en sorg vir die mense. Bid vir hierdie kosbare erfenis. Sinodale Arbeidsbediening (Deuroffer): Die fondse word gebruik vir Christelike opheffing, pastoralesorg en traumaberading aan mense in die arbeidsektor. Ons bid vir hulle wat 'n diens in die bediening lewer maar ook vir hulle wat deel is van die programme. Werkskepping: Ons bid vir werkskepping in ons land en dat werkers menswaardig behandel sal word. Die kerkraad en leraar: Ons loof en prys U vir 'n groeiende gemeente. Rus U ons gemeente leiers toe om altyd, in nederigheid, binne U wil en plan vir Outeniqualand te bly. DANKIE: Vir die bydrae wat ons Gemeente tot die verspreiding van die Bybel kon lewer. Ons bid dat die Bybels mense nader aan Christus sal bring. Ps. 1:1,2 “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars en ligsinniges saamspan nie, maar in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en