Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2024

GLENTANA BUURTWAG – 2 AUGUSTUS 10:00

GLENTANA BUURTWAG het besluit om as klein blyk van waardering vir die volgehoue ondersteuning van groter Glentana se inwoners, iets sigbaars te doen. Daar is 3 uitbreidings in ons natuurgebiede waar net houthuise toegelaat word naamlik: Loerie Cresent (Outeniquastrand), Kloof (Dwarswegstrand) asook Nature-on-sea. Dit is uit ‘n brandvoorkomingsoogpunt uiters noodsaaklik dat elk van hierdie wonings met minstens 1 brandblusser toegerus word. Om hierdie inwoners te ondersteun het die Buurtwag gereël dat 'n Brandvoorkomings-deskundige op Vrydag 2 Augustus alle belangstellendes se brandblussers sal inspekteer en sertifiseer. Dit begin om 10:00 by die Kobus Hattinghsaal. Enige brandvoorkomingsvrae sal ook beantwoord word. Verder is versoeke ontvang om ons Hommeltuig te sien vlieg en van nader te sien. Om alle inwoners en belangstellendes hierdie kans te gee sal ons gekwalifiseerde hommeltuigvliënier, Johan Minnie, die hommeltuig demonstreer asook vrae beantwoord. Alle belangstellendes har

OUTENIQUALAND BETROKKENHEID BY SKOLE EN GEMEENSKAP

Outeniqualand-gemeente is betrokke by Diepkloof Kleuterskool op ons kerkgronde (ongeveer 70 kinders) sowel as 3 ander landelike skole in ons onmiddellike omgewing: Hoogekraal Primêr, VGK Diepkloof Primêr en Laerskool Van der Hoven. Oor die afgelope jaar en langer het ons toenemend bewus geword van die gebrokenheid onder ouers en huisgesinne op die plase asook die informele nedersetting op Hoogekraal. Die Here het ons gelei om by hierdie nood betrokke te raak. Ons het begin deur 'n klompie rolspelers uit die gemeenskap bymekaar te kry om seker te maak dat ons bewuswording van die nood in lyn is met wat regtig in ons landelike gebied aangaan. Ons het boere, lede van die Plaaswag, GPF, verteenwoordiging van die BADISA-kantoor uit Knysna, skoolhoofde, gemeenskapsleiers en lede van ons Diensgroepe vir Getuienis en Barmhartigheid bymekaar gebring. Daar was 'n groot mate van instemming dat daar goeie opvoeding aan ons kinders gegee word. Dit word dikwels afgebreek, enersyds omdat die

28-07-2024 - 03-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Diensgroep vir Barmhartigheid (Deuroffer): Vader rus asseblief hierdie diensgroep toe met middele en die vermoë om die nood raak te sien en verligting te bring. Wêreld rampe: Ons lees en hoor daagliks van ongekende hitte en oorstromings en sien hoe natuur- rampe die aarde teister. Help ons asseblief om die nood raak te sien en die aarde te koester en ons verantwoordelikheid teenoor U skepping na te kom. Ds. Jan, Karien en gesin wat met verlof is: Vader wil U hulle beskerm en geestelik versterk vir hulle taak in die gemeente. Ons bid ook vir ds. Basie, en dr. Kobus van Zyl wat sal waarneem en dr. Kobus Hattingh wat pastoraal sal instaan. Rus U hulle toe vir die taak. DANKIE: Vir 'n gemeente waar ons geestelik gestimuleer word. Vir baie gedeeltes in U Woord waaraan ons kan vashou in tye van siekte, beproewing en nood. Vir hulle wat deur die eeue geestelike musiek gekomponeer en bewoord het.

Erediens - Sondag 28 Julie 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 28 Julie se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 4 Augustus se erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: OUTENIQUALAND SE DIENSGROEP VIR BARMHARTIGHEID Liewe Outeniqualand, die Diensgroep vir Barmhartigheid is stilweg besig met 'n klomp projekte, waarvan sommige al afgehandel is en ander nog voorlê. Ons het ook nouer hande gevat met die Diensgroep vir Getuienisaksies, aangesien die twee bene eintlik hand aan hand loop. Al die gewillige hande en harte help ons om ander tot seën te wees en iets van Vader se guns te deel. Enige lidmaat is welkom om moue op te rol en deel te word van die Diensgroep vir Barmhartigheid span, as dit is wat Vader op jou hart lê. Die span bestaan op die oomblik uit: Nikki Visagie, Sandra de Wet, Nicky Deysel, Elzabeth de Wit, Elsa Hendrikz, Ilana Nortje, Lorraine Fourie, Petru Wolmerans, Merinda Duvenage, Mariaan Uys, Annette

MAGDA LOUW

Prent
 

MANNE AFVALAAND

Prent
 

BEESLOOP – 14 SEPTEMER 2024

Die Beesloop-oggend is 'n heerlike saamkuier oggend van pret en plesier in die natuur, met baie wenners! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die dam). Dit is die oggend van 9:00 tot 12:00 met baie opwinding, pryse en heerlike stalletjies om van te kies en te keur. VIR DIE JONGSPAN: plaas-ferrari / kettieskiet / cupcake versiering / perderitte en vele meer!! HOE WERK DIT? Die veld agter die kerk se dam, is in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is ('n blok word vir R100 verkoop). Daar is 'n skaalmodel van die veld met al die blokke. Die nommers word lukraak toegeken op ‘n rekenaar en uiteengesit vir besigtiging. Ons het beeste wat op die veld gaan rondloop om ‘n bietjie te wei. Die blok waarop hulle die eerste merk los, is die wenner en kan een van die onderstaande pryse gaan kies. Die pryse word deur die wenners gekies in volgorde soos die beeste hulle merk los. WAT IS DIE PRYSE? Geskenkbewys van Buffelsdrift (2 persone vir 1 nag, w

21-07-2024 - 27-07-2024 - ONS BID SAAM VIR...

HELPENDE HAND (Deuroffer): Die organisasie reik na behoeftige mense uit en verlig so die nood, ook in hierdie koue winter. Ons bid dat ons bydrae ook 'n verskil sal maak. Nuwe Regering: Ons bid vir wysheid en leiding vir enige besluite wat gemaak word. Here help hulle om op te staan teen korrupsie en dat reg en geregtigheid sal seëvier in ons land. Die Howe, Regters en Vervolgingsgesag: Die instansies verkeer onder geweldige druk. Help U hulle asseblief om nie te swig onder druk nie, maar getrou te bly aan hulle amps-eed. Sakemanne en organisasies wat onbevrees standpunt inneem teen roekelose besluite van die Regering, omdat hulle 'n beter Suid-Afrika vir almal beoog. DANKIE: Dat U ons omvou met U liefde. Dat ons U in die natuur raaksien; ook in die reën en koue. U weet dat die natuur dit nodig het. Dat U ons as U kinders in U diens wil gebruik. Maak ons gewillig!

Eden Camerata - Boodskap met Sang - 21 Julie 2024

Prent
Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 21 Julie 2024 se besonderse erediens om 09:30 in die kerk. Ons sien daarna uit om dan 'n koor vanuit George te verwelkom. Dit is die Eden Camerata Kamerkoor onder leiding van André van Zyl. Hoewel hulle repertoire gewyde, sekulêre en ligte musiek insluit, het hulle spesiaal vir dié erediens gewyde liedere uitgesoek en 'n besonderse program saamgestel. Die tema van die boodskap wat hulle deur sang en vertellings bring: Geloof, hoop en liefde; lofsange van die grootsheid van God. Hy is die Alfa en die Omega! Hy maak alles nuut! Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 28 Julie se erediens om 09:30 in die kerk. DEUROFFER: HELPENDE HAND Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is wat ons wil doen, moet doen en ons mee besig hou. Ons dink verbondsmagtig, met ander woorde, mense is verbonde aan mekaar. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar en

GALA-AAND – 16 AUGUSTUS 2024

Prent
Die Gala-aand is 'n spesiale toekenningsaand vir lidmate van Outeniqualand-gemeente. Die toekennings word gemaak aan die hand van 'n klompie kategorieë (onderaan) waarvan party komies van aard is en ander meer ernstig. Daar is nominasievorms beskikbaar by die kerkkantoor. Elke nominasie geskied op 'n aparte vorm. Die wenners word deur 'n stemming van die lidmate bepaal, 'n week voor die gala-aand plaasvind. Ons verskaf later meer inligting oor die prosedure van die stemproses asook die verskillende kategorieë. Die spoggeleentheid neem die vorm van ‘n kaas-en-wyn funksie aan op Vrydag 6 Augustus te Kobus Hattinghsaal in Glentana. Kaartjies is @R100 pp beskikbaar by die kerkkantoor.  

SIX-A-SIDE SOKKERDAG - 31 AUGUSTUS 2024

Prent
Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis bied op Saterdag 31 Augustus 'n six a side junior world cup sokkertoernooi aan op Laerskool Van der Hoven se velde. Dit is vanjaar reeds die 3de keer wat dit aangebied word. Ses plaasskole neem deel. Die evangelie-boodskap word gebring en livingball balle, met die evangelie daarop uitgebeeld, word uitgedeel. Elke kind kry ook 'n middagete/lekkergoed-pakkie/sertifikaat en medalje vir deelname. Ons benodig enige vorm van hulp: braaiers, beamptes, vrywilligers ens. Skakel met Charles indien jy kan help. Toeskouers is BAIE welkom.  

‘N SENT VIR ‘N STUDENT

Melani Fourie bak die komende week in haar vakansietyd die onderstaande gebak vir 'n inkomste: Soetkoekies Wortel-cupcakes Vanilla-cupcakes Melktertjies Brownies Sjokolade-cupcakes Suurlemoenkoekies Lemon-meringue tertjies Peppermint-crisp tertjies Piesangmuffins Skakel haar vir bestellings.

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Prent
Dit is met groot hartseer dat ons hierdie week afskeid geneem het van een van die stigterslede van Diepkloof Kleuterskool, Henriëtte Bothma, wat na 22 jaar diens ‘n welverdiende ruskans neem! Henriëtte is ‘n voorbeeld vir ons almal met haar lojaliteit, rustigheid en kalmte en ‘n staatmaker op wie se knoppie mens enige tyd kon druk vir enige hulp wat benodig was! Ons salueer jou vir die positiewe invloed wat jy op so baie mense se lewens het – ons gaan jou baie mis! Met liefde van die Bestuur, Personeel en kinders van Diepkloof Kleuterskool. Op die foto is Diepkloof Kleuterskool se hoof Noleen du Preez (links), Henriëtte Bothma (middel) en Bernice van Rooyen (regs) wat voorsitter is van die Kleuterskool se Direksie.

AKTIWITEITE OM NA UIT TE SIEN...

Outeniqualand gemeente bestaan uit lidmate met uiteenlopende belangstellings, gawes en talente. Om hierdie rede probeer ons om vir elkeen geleentheid te gee om sy spesifieke talent/gawe/belangstelling in ons gemeente uit te leef. Dit beteken dat daar ‘n kruiwa vol aktiwiteite is waarby jy betrokke kan raak. Die idee is nie noodwendig om by alles betrokke te wees nie, maar eerder om uit die kruiwa dié aktiwiteite te kies waarin jy belangstel of waar jy jou spesifieke gawes/talente kan gebruik of waar die Here jou hart aanraak Vir al die aktiwiteite word daar uit die kerk se begroting bygedra, maar ons wil ons gemeentelede die geleenheid gee om ook betrokke te wees om 'n verskil in mense se lewens te maak. Ons nooi elke lidmaat uit om by die Here te hoor waar en hoe jy betrokke moet wees. Om hierdie rede wil ons net weer beaam: alle aktiwitiete is op 'n vrywillige basis (jy kan kies waarby jy betrokke wil wees en hoef nie noodwendig by almal betrokke te wees nie) by meeste van di

HOOGEKRAAL MANDELADAG-PROJEK

Daar is 'n voorstel uit die gemeente ontvang dat ons gemeente by Laerskool Hoogekraal betrokke raak vir Mandeladag op 18 Julie 2024. Aangesien ons nie baie tyd tot ons beskikking het nie, gaan ons dit 'n gemeente-uitreik later in die jaar maak. Hou die Familienuus dop vir meer inligting.

14-07-2024 - 20-07-2024 - ONS BID SAAM VIR...

FEBA RADIO (Deuroffer): Die radiostasie bereik mense in afgesonderde gebiede. Ons bid dat die Woord ook deur die uitsending, hulle sal bereik en dat hulle die Here sal ontmoet. Skole en ander opvoedkundige inrigtings het hierdie week geopen. Ons bid dat U die leerlinge, studente en opvoeders sal seën. Rus U hulle toe vir die taak, sodat geestelike toerusting nie agterweë bly nie. Groot Brak Polisiestasie: Ons bid vir Kaptein Hensen en sy span by die Groot Brak Polisistasie. Here verwyder U self al die struikelblokke en uitdagings wat hulle elke dag ervaar. Gee hulle krag, wysheid en hulpbronne om hulle werk voluit te kan doen. Dankie vir so 'n toegewyde span. DANKIE: Dat ons U orals vind; in ons diepste nood, ons siektes en kommer maar ook ons vreugdes. Dat ons skuiling en veiligheid in U teenwoordigheid kan vind.

Erediens - 14 Julie 2024

Prent
  Ons nooi jou uit na Sondag 14 Julie se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. Die Vonkies skop vandag af. Daar is geen diens by die Kobus Hattinghsaal nie. Dienste sal weer op 8 September hervat in die Kobus Hattinghsaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 21 Julie se besonderse erediens om 09:30 in die kerk. Ons sien daarna uit om volgende Sondag 'n koor vanuit George te verwelkom. Dit is die Eden Camerata Kamerkoor onder leiding van André van Zyl. Hoewel hulle repertoire gewyde, sekulêre en ligte musiek insluit, het hulle spesiaal vir dié erediens gewyde liedere uitgesoek en 'n besonderse program saamgestel. Die tema van die boodskap wat hulle deur sang en vertellings bring: Geloof, hoop en liefde; lofsange van die grootsheid van God. Hy is die Alfa en die Omega! Hy maak alles nuut! DEUROFFER: FEBA RADIO Ons bediening in Mosambiek het aanvanklik met slegs 1 radiostasie begin. Dit het nou uitgebrei na die

KOM ONS LEER OM KERRIE TE MAAK

As jy belangstel om ‘n heerlike regte egte Indiese Kerrie te leer maak, stuur asseblief ‘n epos aan Jay om jou plek in 'n klas te bespreek. Die prys per persoon sal afhang van hoeveel mense belangstel. Dit sal 'n “starter pack” kerrie speserye en kruie insluit.

Gleniqua Foods

Prent
 

KLEREBANK

Laerskool van der Hoven soek asseblief skenkings van goeie 2de handese klere vir seuns en dogters, ouderdomme 6 jaar tot 14 jaar vir hulle klerebank. Indien jy kan help kontak asseblief vir Lizelle Burger.

HOOGEKRAAL MANDELADAG-PROJEK

Daar is 'n voorstel uit die gemeente ontvang dat Outeniqualand vir 2024, Laerskool Hoogekraal aanneem as hulle projek vir Mandeladag op 18 Julie. Die behoeftes by die skool is: Herstel van pad Verf van stoepe (verf is beskikbaar) Vervang van ruite 2 Ton seesand vir sandput en “volleyball” baan 2 x Pale en Ringe vir Netbalbaan 2 x Sokker doelhokke Verf van Hopscotch op sement blad Tuin met struike en bankies Sny van gras 8 x Deure afskuur en behandel Wendy-kombuis afskuur en behandel Bord by afdraai na skool met wapen en naam Sokkerballe en Netballe Toegangshek en veiligheidshekke verf Die Graad R klas is reeds geverf en opvoedkundige speelgoed voorsien deur skenkings uit Outeniqualand gemeente. Indien jy deel wil wees van hierdie projek, kontak asseblief vir Petru.

07-07-2024 - 13-07-2024 - ONS BID SAAM VIR...

(Deuroffer): Vir die werk wat deur die Sinodale Getuienis gedoen word in Mosambiek, Malawi en Zimbabwe. Koninkrykstyd(duur tot 27 November) Koninkrykstyd volg op Pinkster. Ons bid dat die gees van Pinkster sal voortduur en dat ons deur lofprysing sal verkondig dat CHRISTUS DIE HERE IS! Nuwe Intrekkers: Mag hulle in Outeniqualand U teenwoordigheid ervaar en hulle met die liefde van Christus verwelkom word. Veiligheid: Here ons vra dat U ons sal beskerm en veilig hou. Gaan asseblief saam met die polisie en plaaswag/buurtwag. Gee hulle deursettingsvermoë en wysheid in die werk wat hulle doen. DANKIE: Hulle wat hulle lewens aan U wy en daagliks help om 'n verskil in mense se lewens te maak. Jesaja 30:15 “Julle krag lê in stil wees en vertroue hê." 'n Gemeente waar ons U Gees en teenwoordigheid kan beleef.

Gedenkdiens - Joey Schreiber

Prent
 

Erediens - 05 Julie 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 7 Julie se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. Daar is geen diens by die Kobus Hattinghsaal nie. (Dienste sal weer op 8 September hervat in die Kobus Hattinghsaal) VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 14 Julie se erediens om 09:30 in die kerk. Die Vonkies skop af. DEUROFFER: (Sinodaal) ZIMBABWE, MALAWI, MOSAMBIEK Die NG Kerk het in 1891 met werk in die suide van Zimbabwe begin. Ons ondersteun veral teologiese opleiding, mediese dienste by hospitale en klinieke asook literatuurontwikkeling. By die Kweekskool op Morgenster doen dosente kosbare werk. Lees meer by http://getuienis.christians.co.za/rcz-reformed-church-in-zimbabwe Die werk in Malawi het in 1889 begin. In vennootskap met CCAP ondersteun die NG Kerkfamilie tans die voortgesette teologiese opleiding, mediese dienste, verpleging, die omgewingsdepartement wat boomplanting bevorder, weeshuise vir vigswesies en jeugwerk. Lees meer by h